Openbare beskermer gaan Gupta e-posse ondersoek

 

Die kantoor van die Openbare Beskermer het bevestig dat daar ondersoek ingestel gaan word rondom die obskure ooreenkomste by entiteite soos Eskom, Prasa en Transnet, na aanleiding van inligting wat uit die e-posse na vore gekom het.

Die rol van die seun van die land se president, Duduzane Zuma, asook minister Faith Muthambi met die Guptas, sal ook deel vorm van die ondersoek.

Waarnemers is skepties oor die nuwe OB se besluit om die sake te ondersoek, nadat haar voorganger reeds ‘n omvattende en verdoemende verslag oor die aangeleentheid die lig laat sien het.  In haar eerste 100 dae op kantoor het sy nog nie veel verslae die lig laat sien nie omdat sy ‘n klomp reise deur die land onderneem het.