Op die volksakker – Alle paaie lei na Londen

Ten minste alle anti-Afrikaner paaie.

Terwyl die mense ten einde laaste ontwaak uit hul kollektiewe sluimering en besef dat die ANC-ringkoppe sedert 1994 bloot alles plunderbaar vir hulleself en hul meelopers toegeëien het, sal dit ons loon om na die web agter die nuus te kyk.

Die rol van die Britse beeldpoetsers, Bell Pottinger, is nader toegelig deur ʼn burgerlike organisasie wat aktief werk teen staatsvergryp, op grondslag van eerlike regering.

Die Engelse skakel sal geen ware Afrikaner verbaas nie: die Engelsman se diepliggende haat vir ons volk is klaarblyklik sonder perke.  En die gebruik van fronte is reeds eeue lank die Engelsman se modus operandi, soos trouens enige swakkeling wat te bang is om hul opponent man-teen-man aan te vat verkies om vroue en kinders te vermoor.

Dit sal lesers verder loon om in herinnering te roep dat juis Indië die Statebonds-teenstand teen dr. Verwoerd en republiekwording gelei het!  Die Engelse het die anti-Afrikaner haat van Ghandi en sy ondersteuners meesterlik gemonster!

Is dit daarom vreemd dat invloedryke Indiese sakelui die nuutste aanslag gelei het?

Namate die hoofstroom media én selfs ANC-belanghebbendes hulleself van die Guptas distansieer en skuld op hul skouers wil laai, is dit belangrik om te onthou dit neem twee partye om korrupte transaksies deur te voer.

Sonder twyfel is die Gupta-familie in hul diepste wese korrup, oneerlik en gewetenloos.  Maar hul sou geen duit oneerlike wins kon maak indien die ANC se strukture dit nie moontlik gemaak het nie!

Die regeringslui, insluitend meelopers in staatsondernemings, dra minstens ʼn dubbele skuldlas:  In die eerste instansie kon hul die aanbod tot oneerlikheid éérder ontbloot het, én hul kon die Guptas straf.

Die onthullings vertel egter van die teendeel: van gierige handel in mense se landsbelang en toekoms, byna soos Afrikane van eeue gelede hul mede-Afrikane as slawe verkoop het aan Arabiere en Engelse slawehandelaars!

Tyd sal bes moontlik leer dat, soos die wapenskandaal ALMAL binne die ANC, van voetvolk tot Nelson Mandela bevoordeel het, ons die volle omvang van Zupta-staatskaping nog lank nie gesien het nie.

Ook hier moet ons verby die koerantopskrifte lees en soek na sleutel rolspelers – nuttige hansworse – se ware doen en late:  As minister van binnelandse sake het Gigaba klaarblyklik toutjies getrek vir Gupta-burgerskap;  As minister van openbare ondernemings, het hy toegesien dat Gupta, Zuma en ander miljarde onwettig uit staatsondernemings gestroop; wat is die prys vir sy huidige ministerskap?

Uiteindelik sien ons die rol van ʼn Engelse maatskappy, met twyfelagtige regeringsbande aldaar;  ʼn maatskappy uit dieselfde Londen waar doodskampe bedink was, ons volk se uitbuiting gevier was en mynbou rykdom steeds heen uitgevoer word, en vanwaar die ANC dekades lank hul terreur teen burgerlikes kon voer onder Engelse regeringsbeskerming.