Onwettige grondbesetters vasbeslote om te bly

Ten spyte van die feit dat hulle onwettige strukture afgebrand het, het onwettige grondbesetters van Bonela in Mayville by Durban besluit om net daar te bly.

Hulle beskuldig sekuriteitswagte daarvan dat dié hulle onwettige strukture afgebrand het in ‘n poging om hulle van die grond af te kry. Hulle sê dat hulle ook bestook is met rubberkoeëls. Die onwettige strukture is ongeveer drie weke gelede daar opgerig.

Nadat die brand feitlik alles verwoes het, het die onwettige grondbesetters die strate ingevaar, en die strate met verwper met bome en brandende buitebande. Hulle eis dat hulle toegelaat moet word om op dieselfde grond hulle strukture te herbou.

Die sterkste uitspraak het gekom van die woordvoerder van die eThekwini se burgemeester, wat slegs gevra het dat mense moet ophou om grond wat aan die munisipaliteit besit, onwettig te beset, aangesien hulle “ontwikkelingsplanne ontwrig.”