Onrus in Venezuela styg tot nuwe vlak

Die onrus in die Suid-Amerikaanse staat Venezuela het tot ’n nuwe vlak gestyg toe plofstof gebruik is om die gebou van die hoogste hof in die hoofstad te beskadig.

Volgens die omstrede president van die land, Nicolás Maduro, is daar gedurende die nag ’n aanval uitgevoer op die gebou van die hooggeregshof in Caracas toe plofstof uit ’n gesteelde polisie helikopter op die gebou gegooi is.

Die plofstof het egter nie ontsteek nie en geen skade is aan die gebou aangerig nie, aldus die president.

In ’n TV onderhoud het die president gesê die aanslag is deur terroriste beplan, en het ten doel om die regering omvêr te gooi.

President Maduro sê hy vrees dat indien dit deur die MUD opposisieparty beplan is, dan veroordeel hy die daad wat gelykstaande is aan ’n terroriste aanval.

Hy beweer dat die helikopter eers oor die ministerie van binnelandse sake se gebou gevlieg het, met ’n banier waarop die omstrede “Artikel 350” geskryf is en verwys na burgerlike ongehoorsaamheid.

Die hooggeregshof word deur opposisielede in die parlement beskou as ’n verlengstuk van die president wat sy mag misbruik en die land in chaos gedompel het.

Onbevestigde berigte lui dat die man wat die helikopter bestuur het, Oscar Perez was wat ’n voormalige kaptein in die staatsveiligheidsdiens is.

Die burgers van die land is in protes teen die president se plan om die grondwet te wysig wat sy magte sal uitbrei te midde van die agteruitgang wat Venezuela ondervind.