Olimpiese Komitee kondig plek aan

Die Internasionale Olimpiese Komitee het aangekondig dat die Spele van 2024 toegewys is aan die Franse hoofstad Parys.

Vier jaar later, in 2028 sal die Amerikaanse stad, Los Angeles die voorreg geniet om die Spele aan te bied.

Die inligting is onder meer beskikbaar op die webtuiste van die Wall Street Journal en meld ook dat Los Angeles die enigste kandidaat was vir die 2028 Spele.

Onbevestigde berigte lui dat beide Parys en Los Angeles as uitstekende aansoekers beskou word deur die Internasionale Olimpiese Komitee, en het daarom beide stede gelyktydig aangekondig.

Die Japanse stad Tokio bied die Olimpiese Spele aan in 2020.