OB aanbevelings dalk net ‘n weerligafleier

Die Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane, se aanbevelings oor Absa se reddingsboei en die Reserwebank se mandaat wat verander moet word, het wye kritiek uitgelok.

Tito Mboweni, vorige Reserwebank goewerneur, het in reaksie op die aanbevelings daarop gewys dat die Reserwebank in die laat negentiger jare die Absa/Bankorp saak ondersoek en afgehandel het.  Vir die OB om nou uit te kom en negatiewe beslissings te maak, is volgens hom nie korrek nie en haar aanbevelings rakende die Reserwebank moet baie goed oorweeg word deur die politieke partye. Die onafhanklikheid van die Reserwebank mag volgens hom nie gekompromitteer word nie.

Hierdie aanbevelings van die OB kom in ‘n tyd waar die staatshoof en talle van sy ministers in die spervuur is rondom die staatskaping en die vermoedelike massiewe sameswering met die berugte Gupta familie.

Daar word nou gevra of die OB se opmerkings en aanbevelings ‘n weerligafleier is wat ingespan word om haar base te beskerm?  Daar word ook gevra hoeveel keer die OB besoek afgelê het by Saxonworld.

Foto: Busisiwe Mkhwebane