Nog Nazi artikels in Suid-Amerika gevind

Ondersoek beamptes in die Suid-Amerikaanse staat Chili het belangrike inligting ontdek wat ’n lig werp oor Nazi aktiwiteite in die land gedurende die Tweede Wêreldoorlog.

Een van die oogmerke was om die Panamakanaal te vernietig en verskeie ander gebiede van strategiese belang te ontwrig.

In die dokumente wat gevind is deur die intelligensiediens van Chili, kon die ontbinding van die Nazi spioenasiediens in die land nagespeur word.

Volgens die dokumentasie kon die spesiale eenheid van Chili, wat bekend gestaan het as die Departement 50, daarin slaag om ’n hele aantal Nasionaal Sosialiste in hegtenis te neem gedurende 1941.

Kenners sê die verloop van die geskiedenis sou baie anders wees indien die Duitsers daarin kon slaag om die struktuur van die Panamakanaal te vernietig.

Die dokumente, wat letterlik duisende bladsye bevat, wat gevind is agter ’n verskuilde deur in ’n gebou, is verlede week oorhandig aan hoofde van die nasionale argief vir latere studie en veilige bewaring.