Nog ’n terreuraanslag tref Brittanje

Vir ’n tweede keer binne enkele weke het ’n afleweringsvoertuig tussen ’n klomp voetgangers in Londen ingeploeg en minstens een persoon is gedood.

Die Britse polisie sê meer as tien mense is ernstig beseer in die voorval wat as nog ’n terreuraanval hanteer word.

Die afleweringsvoertuig wat deur ’n 48-jarige man bestuur was, het voetgangers naby ’n Moslem moskee bestorm en talle raakgery.

Die Britse eerste minister, Theresa May, het in ’n verklaring gesê die voorval word deur die polisie as ’n moontlike terroriste aanslag hanteer, en bygevoeg dat die regering ’n noodvergadering hou oor die voorval.

Die voertuigbestuurder is deur die polisie in hegtenis geneem, en na ’n nabygeleë hospitaal geneem waar sy fisieke en geestelike toestand eers vasgestel word.

Die voorval het vlak by die Moslemse welsynsentrum plaasgevind wat ook na aan die moskee in Finsbury Park geleë is.

Enkele weke gelede het ’n bussie 48 mense raakgery in Londen, waarvan talle omgekom het en talle ander in hospitale behandel moes word.