Nog ‘n herroeping

Die Noord-Kaapse premier, Sylvia Lucas, gaan skynbaar haar kabinetskommeling herroep.

Verlede maand, net voor die ANC se Noord-Kaapse konferensie, het sy haar provinsiale kabinet herskommel en onder andere twee lede afgedank.  Die ANC se hoofkwartier, Lethuli Huis, was erg ontsteld oor die skommeling, en het skynbaar suksesvol agter die skerms die sweep geklap dat Lucas besluit het om haar vorige besluit te herroep.

Wat die effek van die bollemakiesie het in terme van ontwrigting en koste, is nog nie seker nie.