Nog ’n Franse minister in omstredenheid

 

Die nuwe regering van Frankryk, onder leiding van die sosialistiese president Emmanuel Macron, wat maar enkele weke aan die stuur is, het reeds ’n tweede kabinetsminister wie se optrede bevraagteken word.

Die Minister van Europese Sake, Marielle de Sarnez, wat ’n voormalige parlementslid was in die Europese Unie, word beskuldig dat sy misbruik maak van die vertroue wat in haar gestel is.

Die minister se optrede word in ’n voorondersoek nagegaan vir werk wat gedoen is in die Europese parlement.

Alhoewel die sosialistiese politici van die regerende Macron-administrasie ontken dat die minister aan enige onreëlmatigheid skuldig is nie, het sy haar volgens ’n klagte wat ingedien is, skuldig gemaak aan laster.

Die klagte is ingedien deur die Europese Parlementslid, Sophie Montel van die nasionalistiese Front Nasionaal.

Montel is glo benadeel deur die minister se bewerings dat sy fiktiewe betalings gemaak het aan werknemers by die Europese Parlement.

Volgende week kom die sosialistiese regering se Minister van Behuising, Richard Ferrand onder druk in verband met sy optrede toe hy voorrang gegee het aan familie om sekere poste te beklee, waarvan sy eie seun een geval is.

Foto – Marielle de Sarnez