Niehaus nou op MK se UK

Die byna vergete en verlinkse Carl Niehaus is verlede week verkies op die ANC se uMkhonto we Sizwe Militêre Veterane Vereniging (MKMVA) en nogal as lid van die Nasionale Uitvoerende Komitee.

Kritiek teen hom het hom genoodsaak om sy posisie te verdedig.

Hy het erken dat hy handtekeninge vervals het as hoofuitvoerende beampte van Gauteng se Ontwikkelings Agentskap en dat hy ook oor ‘n ses jaar periode geld geleen het by top ANC lede waarvan die “meeste” nie terug betaal is nie.  Daarna het hy by Brett Kebble aangeklop het vir “finansiële hulp”.

Hy beskou hierdie geraamtes wat nou opgediep word as iets wat nie nodig is nie.

Niehaus was ‘n ywerige ANC-ondersteuner en ook woordvoerder van die party. Later was hy ambassadeur in Nederland, en het van die politieke toneel verdwyn toe sy finansiële eskapades op die lappe gekom het.

Sy gedeeltelike terugkeer na die kommunistiese ANC-strukture, kry nou soortgelyke teenstand en word hy net so stief behandel soos Kortbroek van Schalkwyk, en selfs soos Helen Zille.