Nege gedood in OTM- skietgeveg

Nege persone, waaronder ‘n polisiebeampte, is gedood in drie skietgevegte tussen die polisie en vermeende OTM rowers.

Die voorval het in Hammersdale, wes van Durban, plaasgevind nadat die polisie inligting ontvang het van die bende se voorneme om ‘n OTM op te blaas.

Twee gewere, vier handwapens, vyf ploftoestelle, ‘n gasmasker en twee slagpenne is gevind by die agt misdadigers wat gedood is.

Dit is prysenswaardig dat die polisie met mag optree, maar boere sal egter ook wil sien dat dit moet geskied teen plaasmoordenaars.