Min moeite aandete

Nie lus vir baie moeite met vanaand se ete nie? Hier is die maklikste hoendergereg wat u kan maak sonder moeite. Dit het ook nie baie bestanddele nodig nie.

 

Chakalaka hoendergereg:

Bestanddele:

Hoenderporsies vir soveel gaste as nodig

1 groot ui in ringe gesny

Sout en peper en ‘n bietjie knoffelvlokkies (na smaak)

1 botterskorsie, gewas en in dik skywe gesny

1 blikkie gewone chakalaka (indien u van ‘n sterker smaak hou, gebruik die sterk chakalaka)

 

Metode:

Verhit die oond tot 180ºC.

Bespuit ‘n diep kasserolskottel en pak die hoenderporsies naby aan mekaar in die skottel.

Strooi die uieskywe eweredig oor die hoender.

Geur met sout, peper en knoffelvlokkies.

Plaas die botterskorsie skywe bo-op die hoenderporsies.

Gooi die blikkie chakalaka oor alles en bedek die kasserolpan.

Bak vir 1 uur tot hoender sag is.

Net voor opdiening, plaas onder die roosterelement en rooster tot bruin en bros.

 

Geniet saam met rys en mengelslaai.