Microsoft bou reuse vliegtuig

Microsoft se mede-oprigter, Paul Allen, werk reeds ses jaar lank aan ’n reuse vliegtuig wat gebou word waarmee hy missiele na die ruimte wil lanseer.

Gister is die reuse vliegtuig vir die eerste keer uit sy stoorruimte geneem en aan die wêreld vertoon.

Die reuse tuig met sy twee rompe en ’n lang vlerkspan is gebou in die middel van die Kaliforniese woestyn in Amerika.

Die Stratolaunch-vliegtuig, met sy spanwydte van 117 meter, is beskou as die grootste vliegtuig ter wêreld.

Met 28 wiele sal die 590 ton gedra word om te land en op te styg terwyl ses reuse Boeing 747 vliegtuig motore die swaar tuig die lug in sal neem.

Die reus beskik oor die vermoë om tot ’n hoogte van 11 kilometer te vlieg vanwaar ’n missiel afgevuur kan word in ’n baan om die aarde.

Paul Allen hoop om met die vliegtuig die lanseringskoste drasties te verminder aangesien die huidige metode geweldig baie brandstof gebruik om van die grond gelanseer te word.

Na verwagting sal die eerste lansering in Oktober uitgevoer word.