Merkel slyp haar mes vir Trump

Bondskanselier Angela Merkel van Duitsland het blykbaar haar mes geslyp om president Donald Trump te slag tydens die G20 beraad wat volgende week begin.

Merkel het sterk beswaar gemaak oor die Amerikaanse president se weiering om deel te neem aan die klimaatsverandering program wat in Parys, Frankryk, aangegaan is.

Tydens haar toespraak in die Duitse parlement oor deelname aan die klimaat program, waar die vernaamste leiers op die planeet teenwoordig was, het sy kritiek uitgespreek teenoor diegene wat nie die program wil ondersteun nie, maar het haar daarvan weerhou om president Trump se naam te noem.

Merkel sê een van die grootste uitdagings vir die wêreld se leiers is juis om antwoorde te gee en klimaatsverandering doelgerig te bestuur.

Sonder om president Trump se naam te noem, het sy gesê die wêreld kan nie wag totdat die wetenskap die grootste twyfelaar oortuig het nie.

Sy het beklemtoon dat klimaatsverandering en terrorisme die twee belangrikste aspekte is wat in die G20 beraad bespreek sal word.

Foto – Kanselier Angela Merkel