Merkel se self geskepte krisis

Bondskanselier Angela Merkel van Duitsland het met haar uitspraak dat Europa nie meer kan vertrou op die bondgenootskap van Amerika en Brittanje nie, kan lei tot ’n gevaarlike situasie in haar eie land.

Dit is die mening van ’n Suid-Afrikaanse ekonoom, nadat kanselier Merkel gesê het Europa kan nie meer staatmaak op Amerika en Brittanje nie, en sal sy eie heil moet uitwerk vir die toekoms.

Merkel het wel die deur oopgelaat om vriendskapsbande te handhaaf met die twee lande, maar waarnemers meen sy moet meer versigtig wees met haar uitsprake.

Indien Amerika sou stop om Duitse voertuie aan te koop, gaan die Duitse ekonomie dit aanvoel, veral as Brittanje intussen uit die Europese Unie tree en handel met Duitsland begin afplat.

Meningsvormers is van oordeel dat die versterkte verhouding van Brittanje en Amerika juis die moontlikhede bied om mekaar te ondersteun.

Amerika kan Duitse voertuie vervang met luukse motors uit Brittanje, wat Duitsland ’n gevoelige knou kan toedien.

Kanselier Merkel se invloed as wêreldleier is aan die afneem, en in ’n onlangse opname van die gesaghebbende Times het sy nie die lys van 100 mees invloedryke leiers gehaal nie.

Hierteenoor staan president Donald Trump heel bo aan die lys van invloedrykes, met premier Theresa May in die sesde plek.

Dit is ’n uitgemaakte saak dat die onttrekking van handel die Duitse ekonomie kan knou, maar dit is die self geskepte krisis waarin Merkel haar begeef het.

Foto – Bondskanselier Angela Merkel