Masedonië kry nuwe regering ná maande

Die parlement van Masedonië het goedgekeur dat ’n nuwe regering onder leiding van Zoran Zaev, saamgestel word met die deelname van twee Albaniese partye.

Die nuwe reëling volg na ses maande van politieke stagnasie wat gevolg het op ’n blitsverkiesing.

Die nuwe regering, wat ’n samestelling is van linkse politici, het die verwagtinge ingelei dat die land meer stabiliteit sal beleef na twee jaar van ’n politieke krisis wat gedreig het om gewelddadig te word.

Parlementslede het met 62 stemme teen 44 die linkse regering van Zoran Zaev se Sosiaal Demokratiese Party se koalisie met die twee Albaniese partye goedgekeur.

Die nuwe regering wil Masedonië lei om lid te word van Navo sowel as van die Europese Unie, wat tot hede geblokkeer was wens die naam geskil met Griekeland.

Athene eis dat die buurstaat amptelik as die Voormalige Joego-Slawiese Republiek van Masedonië erken sal word.

Masedonië het verlede maand sy grootste krisis beleef toe nasionaliste die parlement beset het omdat ’n Albaniese president vir die Raad gekies is.

Foto –  Zoran Zaev