Kuberkrakers vinnig geflous

’n Entstof teen die rekenaarvirus is blitsvinnig ontwikkel wat die jongste aanval wat wêreldwyd ondervind word, die nek in slaan.

Alhoewel daar nog nie sagteware is met ’n “Kill” skakelaar waarop geklik kan word om ontslae te raak van die pes nie, is daar wel ’n “entstof” om te voorkom dat die virus ’n rekenaar besmet.

Deur ’n “read-online map” te maak met die naam “perfc” en dit te plaas in die “C:\Windows-folder” word ’n aanval gestop en is die rekenaar beskerm, maar stop nie die verspreiding van die virus na ander rekenaars nie.

Die rekenaar is wel immuun gemaak maar dit kan nog altyd die virus versprei deur e-posse wat aan ander rekenaar gestuur sou word.

Dit is dus belangrik om onder geen omstandighede vanaf die geëmansipeerde rekenaar enige kommunikasie te hê met enige ander rekenaar nie, aangesien dit daardie rekenaars kan besmet.

Onbevestigde berigte lui dat Microsoft reeds ’n reparasie “middel” aan rekenaars stuur om besmetting teen te werk.

Rekenaardeskundiges is nog aan die soek waar die virus ontwikkel is en wêreldwyd gestuur is om mense se toestelle te besmet met die hoop dat hulle die $300 sal betaal om hulle toestelle weer bruikbaar te maak.