Korea: VSA plaas druk op Sjina

Kort nadat president Donald Trump die Sjinese regering daarvan beskuldig het dat hulle pogings om Noord-Korea tot ander insigte te bring, het die minister van buitelandse sake Sjina versoek om behulpsaam te wees.

Minister Rex Tillerson het ’n dringende versoek tot Sjina gerig om te help deur druk uit te oefen op Noord-Korea sodat die land sy kernprogram kan staak.

Minister Tillerson het gesê Sjina het ’n verantwoordelikheid om veel groter ekonomiese druk op Noord-Korea toe te pas indien daar erns is om vrede in die streek te bevorder.

Hy het bygevoeg dat Noord-Korea ’n ernstige bedreiging vir vreedsame naasbestaan inhou en veral ’n bedreiging word vir Amerika.

Tydens dieselfde perskonferensie het die Amerikaanse minister van verdediging, Jim Mattis, gesê die VSA sal voortgaan om maatreëls in plek te sit om die land en sy inwoners, sowel as Amerika se bondgenote,  te beskerm teen die aggressie van Noord-Korea.

Die perskonferensie is voorafgegaan met ’n ontmoeting van senior diplomate van Sjina om moontlike optrede teen Noord-Korea te bespreek, en waartydens Sjina versoek is om groter ekonomiese druk op die regering van Kim Jong-Un te plaas.