Konferensie afgestel ter elfder ure: R2 milj vermors

Die Durbanse munisipaliteit het ‘n konferensie afgestel wat Maandag en Dinsdag sou plaasvind.

Die koste vir die konferensie beloop R2,1 miljoen rand en volgens die munisipale bestuurder kan meeste of al die geld reeds gespandeer  wees op die reëlings.

Bewerings  word gemaak dat opdrag van bo gekom het om die konferensie af te las aangesien Mangosuthu Buthelezi die hoofspreker sou wees.  Hy en ander fasiliteerders sou R300 000 ontvang vir hul “werk”.

Foto: Mangosuthu Buthelezi