Jan van Vreden oorlede

‘n Bekende in joernalistieke kringe, mnr. Jan van Vreden, is die week in die ouderdom van 83 jaar oorlede. Hy is aan hartversaking by die Drie-Riviere-Aftree-oord oorlede.

Hy het vir jare gewerk as verslaggewer vir die Perskor groep, waaronder Hoofstad.  Hy was ook hoofredakteur van verskeie koerante, waaronder Die Vaderland, Die Transvaler en die Noord-Transvaler.

Tot en met sy aftrede enkele jare gelede was hy betrokke by Radio Pretoria se nuuskantoor.

Hy is op Laersdrif naby Marble Hall gebore, het op Groblersdal skool gegaan.

Hy was ook in militêre kringe bekend vir sy uitsonderlike dekking van die land se verskeie operasies.

Jan van Vreden laat sy vrou, Onia, en twee seuns, Jan en Johan agter.

Die verassingsdiens vind Maandag 3 Julie, om 11:00 by die NG Kerk, Drie Riviere plaas.