Internasionale optrede in Venezuela bepleit

’n Senior Amerikaanse regeringsbeampte het Venezuela beskuldig daarvan dat die land se regering die “demokrasie” in hulle land verwring wat die politieke spanning in die land tot gevaarlike hoogtes dryf.

’n Regeringswoordvoerder in Caracas, die hoofstad van Venezuela, sê die voorstelle van Amerika om mediasie is “totaal vrugteloos”.

Die Amerikaanse ambassadeur in die Verenigde Nasies, Nikki Haley, het gepleit dat internasionale aksie geneem moet word om die politieke en maatskaplike krisis in Venezuela te hanteer.

“Die tragiese toestande in Venezuela vra dringend aksie”, het Haley in ’n verklaring gevra, slegs enkele dae voor ’n vergadering van die Organisasie van Amerikaanse State.

Sy sê die mense van die land moet magteloos toekyk hoe die regering hulle “demokrasie” vernietig.

Venezuela het ’n geweldige ekonomiese krisis weens die laer olieprys, en die president van die land word daarvan beskuldig dat hy niks doen om die posisie te verbeter nie, en weier om ’n referendum of verkiesing uit te skryf.

Winkelrakke is leeg, en medikasie onbekombaar, wat die mense verplig om in buurlande hulle noodsaaklikste lewensmiddele te koop.