Hlaudi vir President

Die pas afgedankte SABC-hoof, Hlaudi Motsoeneng, het ten spyte van se vernederende afdanking, nie self enige nederigheid oorgehou nie.

Die naweek was hy by ene pastoor Paseka “Mboro” Motsoenengs se “Incredible Happenings Ministry”, waar hy sy nuutste ambisies bekendgemaak het.

Tydens sy spreekbeurt vanaf die preekstoel het hy gemeentelede gevra om vir hom te bid dat hy die mense se president kan word.

Baie selfversekerd het hy vertel dat niemand hom kan onderkry nie totdat God sê dit is verby nie.

Hy het beloof dat as hy president word, hy die lewe van die armes sal verander.