Heerlike koek vir die naweek

Nog ‘n besonderse koek om te bak vir die naweek. Miskien bietjie vreemd maar so sag op die tong.

 

Fudge koek:

Bestanddele:

1½ koppie suiker

½ koppie kakao

1½ teelepel koeksoda

2 koppies meel

driekwart teelepel sout

1½ teelepels vanielje

driekwart koppie olie

1½ koppie water

1½ teelepels wit asyn.

 

Metode:

Verhit oond tot 180ºC.

Gebruik ‘n 23 cm pan, moenie pan smeer of bespuit nie!!

Meng die nat bestanddele.

Sif droë bestanddele by die nat bestanddele en meng tot dit ‘n gladde mengsel is.

Gooi in ongespuite pan en bak vir 25 minute.

 

Versier die koek met karamelkondensmelk of room of enige sjokoladeversiersel van u keuse. Moenie die versiersel te styf maak nie, aangesien die koek baie klam en bros is.

Geniet dit saam met ‘n lekker koppie koffie op die stoep in die sonnetjie