Gupta PI Onbeperk

Die Gupta-ryk spog selfs met ‘n private ondersoekdiens waardeur hulle op hulle opponente kan spioeneer.

Dit het ook geblyk uit die gelekte e-posse.  Van die mense waarop hulle gespioeneer het, sluit in die voormalige minister van finansies, Trevor Manuel, bankbase van die banke wat hulle rekeninge gesluit het, en Julius Malema, wat die Guptas haat omdat hulle vriende is met sy aartsvyand Jacob Zuma.

Skynbaar het die Guptas spioene binne in staatsdepartemente, wat hulle voorsien het van verskeie mense se reisreëlings, en dui op die vlak van infiltrasie wat die Guptas inderdaad in die hele staatsbestel kon bewerkstellig.

Die EFF het intussen die Guptas gewaarsku dat hulle nie gaan toelaat om hulle leier se lewe in gevaar te stel nie.