Gupta e-posse veroorsaak chaos

‘n Bod wat gemaak is op ‘n olie konsessie in die Sentraal Afrika Republiek (SAR) het misluk, maar toon bande van dié maatskappy met Ben Ngubane van Eskom, en Salim Essa wat verbind word met die Guptas.

E-posse toon dat Gade Oil and Gas (GOG) in 2013 gepoog het om ontginningsregte in SAR te verkry deur middel van ‘n $6 miljoen “betaling” vanuit die broeders se geledere. Ngubane  en Salim Essa was op die stadium die twee direkteure van GOG.

Die bod het egter misluk en Ngubane ontken enige betrokkenheid by die bod en beweer dat hy net ‘n vergadering in die verband bygewoon het.

Foto: Ben Ngubane