Groot bohaai oor trein vandale

Die vakverbond Untu (United National Transport Union), het in ‘n verklaring gesê dat persone wat die vervoer infrastruktuur beskadig, lewenslank tronk toe moet gaan.

Intussen het Metrospoor bevestig dat meer as 66 spoorwaens sedert Maart 2016 vernietig is.  Laasnag is treine gebrand by Langa en Stellenbosch.

Waarnemers is dit eens dat hierdie misdade sinloos is en afgekeur behoort te word.  Die vraag word egter gevra wat gedoen word aan die 500 000 mense wat reeds vermoor is sedert 1994, hoeveel daarvoor in die tronk beland het?