Google kry mega-boete in Europa

Wat vir die Internet reus Google soos kleingeld klink, is vir die gewone man ’n mega-boete toe aangekondig is dat die instansie aangeslaan word vir 2,4 miljard euro aan boetegeld.

Margrethe Vestager, die leiersfiguur met die skerp tong van die Europese Unie, het die aankondiging gemaak toe sy hierdie keer haar tande in Google geslaan het om haar toon te openbaar.

Die boete word glo opgelê na ’n jaar se ondersoek wat gedoen is om vas te stel dat Google in sy optrede onwettig gehandel het, ten koste van konkurrente.

Vestager sê die Europese Kommissie het waardering vir die goeie werk wat Google verrig, maar kan nie toelaat dat onwettige handelinge voortgaan nie.

Die Internet reus het intussen aangekondig dat hy appèl oorweeg teen die beslissing van die Kommissie.

Die Europese Kommissie is van oordeel dat die optrede van Google enige ander instansie die kans ontneem as konkurrent om innoverend te handel.