Geregtelike ondersoek gelas na Franse minister

’n Geregtelike ondersoek is ingestel teen die nuwe Franse minister, Richard Ferrand, wat ook ’n vertroueling is van die sosialistiese president Emmanuel Macron.

Die minister het opspraak gewek oor beweerde bedrog waarby hy betrokke kan wees oor vergoeding wat sy seun ontvang het.

Gerugte lui dat die Franse president nog ’n dag tevore bankvas agter Ferrand gestaan het, terwyl gerugte ook versprei word dat Ferrand ook van ongerymdhede met die bestuur van ’n siekefonds beskuldig word.

Ook die Franse eerste minister, Edouard Phillippe, het sy steun tot onlangs aan die verdagte gegee.

Ferrand word ook beskuldig dat hy betrokke is by huur van kantoorruimte tot voordeel van sy eie familie.

Die president sit nou met twee ministers wat verdink word van onreëlmatighede, maar was gedurende die verkiesingsveldtog die draer van leuens dat sy opponent, die nasionalistiese Marine Le Pen by bedrog betrokke sou wees.

Foto – Minister Richard Ferrand