Franse president kry oorweldigende steun

Volgens die eerste uitslae in die Franse parlementsverkiesing sal president Emmanuel Macron se La République Marche party ’n klinkende oorwinning behaal.

In die eerste van twee rondtes het Macron 32% van die stemme gekry, wat die meeste is wat enige president ooit gekry het sedert die verkiesing van Charles De Gaulle in 1968.

Die verkiesing is gekenmerk deur die Franse kiesers se onbetrokkenheid, en in die eerste rondte is die stempersentasie slegs 51%.

Die Republikeinse Party van Francois Fillon het as sterkste opposisieparty 24% van die stemme getrek terwyl Marine Le Pen se Front Nasionaal teleurstellend gevaar het met net meer as 14%.

Volgende naweek word die tweede rondte verkiesing gehou, en partyleiers het ’n oproep gedoen tot kiesers om hulle stem uit te bring.

Volgens die eerste rondte se uitslae kan president Macron tussen 390 en 460 setels verower uit ’n totaal van 577.

Foto – President Macron