Eskom doen dit weer!

Eskom berei tans ʼn versoek voor vir ʼn tariefverhoging van 20% in 2018, wat deur die energiebeheerliggaam, NER, aanvaar moet word.

Die uitermatig hoë verhoging is al voorheen strategies aangewend. Daar word vir ʼn verhoging van 20% gevra wat die verbruikers skok, dan word 10% of 12% goedgekeur en almal is dankbaar vir die lae verhoging.  Intussen is dit 6% bo inflasie en die kulkuns het weereens gewerk.

Al hoe meer huishoudings skakel tans oor na sonenergie omdat Eskom se tariewe so hoog geword het dat sonenergie ʼn al hoe aantrekliker opsie is.