Ekonomie bly in rommelstatus

Alhoewel twee kredietgradeerders besluit het om Suid-Afrika se kredietgradering onveranderd te laat, beteken dit steeds dat die ekonomie in rommelstatus verkeer en dat geen verbetering plaasgevind het nie.

Hierdie “goeie nuus” het die rand ‘n effense hupstoot gegee en hom laat verstewig.

Standard & Poor’s (S&P) en Fitch Ratings het Suid-Afrika se kredietgradering onveranderd op BB+ gelaat, wat steeds rommelstatus is.

Daar word nou nog gewag op die derde groot kredietgradeerder, Moody’s, se beslissing, en daar word verwag dat Moody’s wel ‘n afgradering gaan aankondig.