Duitsland spioeneer op Wit Huis

Pas vrygestelde dokumente dui daarop dat Duitsland se intelligensie agentskappe gespioeneer het op die Amerikaanse Wit Huis.

Gedurende 2015 het die spioenasie personeel reeds vir etlike jare op Duitse bondgenote gespioeneer, waarvan die Wit Huis klaarblyklik hul belangrikste teiken was.

Die Duitse weekblad, “Der Spiegel” berig verlede week dat hul kantoor in besit is van dokumentasie van verskeie pogings deur Duitse spioene om besonderhede te bekom oor Amerikaanse sakeondernemings, die regering en die Wit Huis.

Die Duitse buitelandse intelligensie agentskap het glo gemoniteer en e-pos adresse bekom van die Wit Huis en ’n ander lys van sowat 4 000 wat in gebruik was.

Spioenasie hoofde het glo later beweer dat hulle nie altyd bewus was van wie en waar hulle spioeneer nie.

’n Ander teikengebied soos die tesourie departement, en die Amerikaanse lugmag sowel as die VSA vloot is deurlopend dopgehou, en spesiale aandag is ook gegee aan die Amerikaanse ruimtevaart van Nasa.

Selfs die Internasionale Monetêre Fonds en letterlik honderde ambassades is nie gespaar nie, en die tydskrif maak daarop aanspraak dat hulle oor dokumente beskik wat toon dat die spioenasie agentskap oor 4 000 uitgesoekte sleutelwoorde beskik om instansies se vertroulike inligting te bekom.

Die gegewens is ’n harde klap na die Merkel-regering wat hoogs ontevrede was toe die Amerikaner, Edward Snowden, etlike jare gelede bekend gemaak het dat die VSA spioeneer op Duitsland.