Dudu moet alleen SAL kastaiings uitkrap

Die direksie van SAL het skynbaar nie kans gesien om hulle voorsitter in die parlement te gaan ondersteun nie nadat dit aan die lig gekom het dat die lugdiens die laaste boekjaar ‘n verlies van R4,683 miljard gely het.

Die hele direksie moes voor die parlement se portefeuljekomitee verskyn, maar uiteindelik het slegs die voorsitter, Dudu Myeni, daar opgedaag.

Skynbaar is onafhanklike lugvaartkundiges genader om ‘n omdraaistrategie uit te werk waarvolgens SAL oor die volgende vyf jaar R13,624 miljard se ekstra inkomste kan inwin.  Dit is egter nie seker wat die koste verbonde is aan die dienste van die lugvaartkundiges of konsultante nie.

Foto: Dudu Myeni