Druk op premier May verhoog verder

Twee van die Britse eerste minister se mees senior adviseurs het hulle bedankings ingedien nadat die regerende Konserwatiewe Party sy volstrekte meerderheid verloor het met die vervroegde algemene verkiesing.

Die verkiesing het ’n persoonlike nederlaag vir premier Theresa May teweeggebring wat kenners laat dink het sy moet eerder ontslae raak van die adviseurs wat haar met swak advies bedien het in die verkiesingsveldtog.

Nick Timothy en Fiona Hill het hulle bedankings ingedien voor hulle ontslaan kon word, maar dit plaas nog groter druk op die premier en word dit al moeiliker om haarself met geloofwaardigheid te handhaaf.

Politieke waarnemers meen die twee se koppe moes reeds gerol het voor die aanvang van die verkiesingsveldtog, en hoogs ontevrede Tories in die parlement dreig om hulle steun aan premier May te onttrek.

Britse koerante berig dat ministers en ’n aantal parlementslede die premier verkwalik dat sy nie die twee adviseurs afgedank het voor die aanvang van die verkiesing nie.

Te midde van al die druk om ondermeer die Demokratiese Unioniste Party (DUP) van Noord-Ierland as koalisievennoot te akkommodeer, is die druk binne die party al groter dat sy moet terugstaan as premier.

Intussen het die nasionalistiese Demokratiese Unioniste Party in Noord-Ierland bekendgemaak dat hulle bereid is om saam met premier May te regeer.

Vrydag het Theresa May dit onomwonde gestel dat daar geen gedagte by haar is om te bedank as premier nie, en stel alles in werking om uit ’n verswakte posisie haar moeilike taak voort te sit.

Die feit dat die Konserwatiewe Party ’n historiese rekord aantal stemme van 13,6 miljoen gekry het, is ’n bewys dat die algemene steun vir haar as leier toegeneem het.

Die steun wat die premier gekry het is selfs groter as die rekord aantal wat Tony Blair gekry het wat tot hede die meeste stemme was wat ’n party ooit behaal het in Brittanje.

Die vermoede bestaan nou onder Tories dat die twee adviseurs moontlik geplant was om die uitslag te beïnvloed.

Foto – Adviseurs Fiona Hill en Nick Timothy