Diplomatieke skokgolf tref Midde-Ooste

Saoedi-Arabië, Bahrein, Jemen, Egipte en die Verenigde Arabiese Emirate het hulle diplomatieke bande met Qatar verbreek weens hul bekommernis oor terrorisme in die Midde Ooste.

’n Woordvoerder van Saoedi-Arabië het Maandag bekendgemaak dat die lande besluit het om diplomatieke bande te verbreek en die grense met Qatar te sluit om veiligheidsredes.

Die sluiting van die grense het nodig geword om hulle burgers te beskerm teen die “gevaar van terrorisme en ekstremiste” .

Saoedi-Arabië het ook aangekondig dat alle roetes, van land, see en lug verbindings afgesny is met Qatar.

Die optrede van Saoedi-Arabië volg kort nadat die Emirate en Bahrein besluit het om alle bande met Qatar te verbreek.

Die vyf lande se optrede volg nadat die media berig het van Qatar wat gewapende terroriste aktiwiteite finansieel gesteun het in Iran om sabotasie te pleeg en chaos te veroorsaak in Bahrein.