Die Vryburger hou veiling vir uitbreiding

Die Vryburger se bestuur beplan verdere uitbreidings en verbeterings aan Die Vryburger, en gaan met die oog daarop ‘n veiling hou om fondse vir die nuwe projekte te bekom.

Op Saterdag 5 Augustus sal ‘n algemene veiling van alles en nogwat, gehou word op die perseel van Oranjekas op die hoek van Laseandrastraat en Collinslaan in Moregloed, Pretoria.

Verskeie interessante historiese en versamelaars items is reeds ontvang.

Mnr. Joseph Kidson, wat die veiling vir en namens Die Vryburger sal hanteer, sê enige artikels is welkom, en daar sal plan gemaak word om die skenkings te gaan haal by skenkers. “Maak die waenhuis leeg van alles wat tog nie meer gebruik word nie,” sê mnr. Kidson.

Hy sê mense kan ook ‘n gedeeltelike opbrengs vir hulleself kry, as hulle artikels vir die veiling beskikbaar stel, kan hulle 40% van die opbrengs van die artikels kry indien hulle so verkies.

Vir enige besonderhede rakende skenkings en selfs borgskappe vir die dag, kan mnr. Kidson geskakel word by 072 816 6864.

Foto: Een van die gewilde artikels wat reeds vir die veiling geskenk is, is ‘n baie ou koper brandblusser.