Die Slag van Raqqa het begin

Die oorlog tussen die weermag van die koalisiemagte en die Islamitiese Staat se vegters om die beheer te kry oor die stad Raqqa, het Dinsdag begin toe die koalisie die stad van drie kante genader het.

Ragga is die selfverklaarde hoofstad van die Islamitiese Staat, maar nou het ’n magtige weermag onder leiding van die Amerikaners besluit om die stad te herower.

Na verwagting sal die stryd etlike weke kan duur, alhoewel daar onsekerheid bestaan oor die werklike sterkte van die terroriste wat ingegrawe is in die stad terwyl inwoners as mense skilde gebruik word deur die terroriste.

Die kundigheid van die Koerdiese soldate word aangewend om die internasionale koalisiemag te lei om hopelik die kalifaat uit te wis.

Maande se voorbereiding is getref en deurgaans is die Koerdiese kundiges se advies en strategie ingewerk om die komende slag suksesvol uit te voer.