Denemarke skaf wet op godslastering af

Die Deense parlement het die wet op godslastering van die wetboek geskrap en daarmee beoog dat iemand wat die Koran sou verbrand, nie vervolg kan word nie.

Christen leiers is egter bekommerd dat dieselfde reël geld dat mense wat die Bybel sou verbrand, ook nie vervolg kan word nie.

Tot onlangs kon ’n boete en selfs gevangenisstraf opgelê word van tot vier maande indien hulle skuldig bevind sou word aan belediging van ’n ander se geloofsoortuigings.

Mense kon ook nie as heidens uitgeskel word nie, wat met die skraping van die wet, ook verval het en nie meer vervolg kan word nie.

Waarnemers sê die bedoeling van die wet is gemik om uitsprake teen die Moslems toe te laat, soos wat ’n wet ingebring is dat restaurante verplig word om varkvleis geregte op hulle spyskaart aan te bring.

Die afskaffing van die meer as 100 jaar oue wet in Denemarke is verlede Vrydag met 75 stemme teen 27 goedgekeur in die parlement.

’n Man wat vroeër ’n Koran in die openbaar verbrand het, en nog in die hof moes verskyn, se saak is teruggetrek nadat die parlement die wet se skraping goedgekeur het.