DA mors geld op Mandela-beeld

Ten spyte daarvan dat die meerderheid mense wat aan die openbare deelname proses daarteen gekant was, gaan die DA-beheerde stadsraad van Kaapstad voort met die oprig van ‘n duus standbeeld van Nelson Mandela.

Die EFF en die ANC ondersteun die DA in dié geldmorsplan.

Die DA sê dat ‘n Mandela-beeld by die Kaapstadse stadsaal toeriste sal lok, maar die raadslid van die Demokratiese Onafhanklike Party, Anwar Adams, reken die beeld sal net “duiwe k*k” lok, soos hy dit in die raadsvergadering gestel het.

Die meerderheid van kaapstad se inwoners is teen die oprigting van die beeld gekant, en is van mening dat die geld vir ander sake, soos behuising, gebruik kan word. Die beeld sal nie armoede help verlig nie, terwyl Tafelberg in elk geval ‘n groter toeriste aantreklikheid is as Mandela.

Foto: Anwar Adams