Christelike skole gaan geteiken word

Elke skool met ‘n Christelike etos gaan nou aangevat word, en elke skool sal nou die “wet reg moet toepas”.

Die dreigement kom van Hans Pietersen, voorsitter van die Organisasie vir Godsdiensonderrig en Demokrasie (Ogod), nadat die hooggeregshof in Johannesburg beslis het dat een geloof by openbare skole nie bo ’n ander geloof bevorder mag word nie.  In effek is dit die einde van Christelike skole.

Pietersen jubel en sê die uitspraak is vir hom fantastiese nuus, en vandaar sy dreigement om Christelike skole nou te teiken.

Die hof het bevind dit is ‘n oortreding van die Onderwyswet om een geloof of hoofsaaklik een geloof ten koste van ander te bevorder of die skool se personeel toe te laat om dit te doen. Daarmee word onderwysers wat hulle Christelike roeping by die skool wil uitleef, misdadigers gemaak.