Britse regering na aan DUP akkoord

Woordvoerders van die Demokratiese Unioniste Party (DUP) van Noord-Ierland is positief dat ’n finale akkoord met die Konserwatiewe Party eersdaags aangekondig sal word.

Jeffrey Donaldson, ’n senior parlementslid van die DUP sê die kanse op ’n goeie ooreenkom is baie goed en in die onderhoud met die media sekere gerugte verwerp.

Hy sê die persberigte dat DUP miljarde pond hulp van die Britse regering eis in ruil vir steun in besluitneming, is van alle waarheid ontbloot.

Dat daar wel geld beskikbaar gestel kan word vir Noord-Ierland se onderwys en infrastruktuur, is belangrik, maar die miljarde waarna die pers verwys, is nie korrek nie.

Waarnemers meen die DUP afvaardiging het, nadat die aanvanklike gesprek nie wou vloei nie, ’n duidelike gesindheidsverandering ondergaan wat as ’n meer toegeeflike houding beskou kan word.

Die verwagting is dat ’n finale akkoord eersdaags aangekondig sal word.

Foto – DUP afvaardiging