Brian Molefe nader hof oor sy afdanking

Nadat Eskom in opdrag van minister Lynne Brown Molefe se aanstelling herroep het, het hy hom tot die Arbeidshof gewend om die herroeping tersyde te stel.

David Lewis van Corruption Watch sê dat dié stap van Molefe grens aan die absurde, aangesien Molefe uitgewys was in die Openbare Beskermer se verslag oor staatskaping en ook nadat hy uitgewys is as ‘n party wat die Gupta broers gehelp het om die Optimum myn te bekom.

Die Arbeidshof het Molefe se saak egter nie as dringend beskou en afgehandel nie, met die gevolg dat die saak uitgestel is.