Brexit onderhandelings vorder nie

Die Britse eerste minister, Theresa May, se voorlegging aan die Europese Unie bevat onder meer regte wat gebied sal word aan Europa se burgers wat na Brexit afgehandel is, sal voortduur in Brittanje.

Maar die waarborg wat gebied word, het nie al die lidlande tevrede gemaak nie, en die president van die Europese Raad, Donald Tusk en president Juncker het gesê dit is nie voldoende nie.

Premier May het in haar voorlegging uiteengesit hoe haar regering die regte van meer as drie miljoen burgers van lidlande wat in Brittanje woon, sal beskerm na afloop van die Brexit proses in Maart 2019.

Sy het beklemtoon dat die Europese burgers vir die eerste vyf jaar na Brittanje se uittrede uit die Europese Unie, die voorregte sal geniet wat Britse burgers het, wat beteken hulle het toegang tot mediese versorging en ander burgerregte.

Die uiters liberale Donald Tusk het in reaksie daarop gesê sy indruk is dat die voorstelle minder is as wat deur die ander lidlande verwag is, wat beteken hulle regte verminder.

President Juncker was van mening dat premier May se aanbod is ’n eerste stap, maar meer word van Brittanje verwag.

Kanselier Angela Merkel het na afloop van die eerste vyf dae se onderhandelinge gesê sy wil haar woorde versigtig kies, maar geen deurbraak is gemaak nie en baie harde werk le nog voor.

Tusk het vroeër gesê hy hoop Brittanje verander van standpunt en staak die poging om uit te tree as lid van die EU.

Foto – Premier Theresa May