Brande dalk kwaadwillig aangesteek

Nadat Die Vryburger gister rassistiese uitlatings rondom die verwoestende brande in Knysna onthul het, wil dit nou voorkom of die brande inderdaad aangesteek is.

Teen gister was gemeld dat in die Suid-Kaap ongeveer 20 afsonderlike brande oor ‘n afstand van 90 km steeds gewoed het, en skielik het brande ook uitgebreek in die omgewing van Port Elizabeth. Dié brande is skynbaar beslis moedswillig aangesteek.

Intussen moes sowat 10 000 mense uit hul huise in Knysna ontruim word as gevolg van die brande.  Meer as 145 huise is in Knysna verwoes en 20 in Plettenbergbaai.  Vier mense is dood in die brande.

Vier mense is ook gearresteer nadat hulle van die eiendomme begin plunder het. Hulle is gevang met sowaar R80 000 se gesteelde goedere wat hulle by verlate huise geplunder het.

Intussen is Knysna as ‘n rampgebied verklaar.