Bilderbergers vergader om Trump te bespreek

Die sogenaamde “elite” van die wêreld het ’n byeenkoms gehou in die Amerikaanse stad Washington om president Donald Trump, in die Trans-Atlantiese streek en die uitwerking daarvan te bespreek.

Aandag is ook gegee aan die sogenaamde “globalisering”, die Europese Unie en aangeleenthede waarvan die onderwerpe nie bekend gemaak is nie.

Hooggeplaastes in die bankwese, invloedryke politieke figure, ekonome, sakelui en uitgesoekte joernaliste het agter geslote deur vergader.

Die byeenkoms wat oor vier dae gestrek het, is deur 131 hooggeplaastes uit 21 lande bygewoon.

Sowat 65% van die teenwoordiges is afkomstig uit Europa, en die res is van Noord-Amerika afkomstig om hulle jaarlikse byeenkoms te hou.

Die Bilderbergers vergader jaarliks, en doen dit reeds sedert 1954 om belangrike gebeure van die wêreld te bespreek, maar kenners meen dit kan die broeiplek wees van beleidsrigtings en identifisering van nuwe leiers op verskillende terreine om die belange van die invloedrykes te bevorder en die ideale van ’n “eenwêreldstaat” te bevorder.

Belangrike onderwerpe wat behandel is, sluit in die “vorderingsverslag” oor Donald Trump, Rusland in die wêreldpolitiek, Sjina en die toekoms van die EU sonder Brittanje.

Uitgesoekte joernaliste is aangesê om kennis te neem van die besprekings, maar mag nie oor enige onderwerp in die media rapporteer nie.

Minstens vier lede van die Republikeinse Party was teenwoordig, waaronder senator Tom Cotton en senator Lindsey Graham.

Minstens nege mense van Duitsland, waaronder die voorsitter van die Bayer maatskappy, Werner Baumann, was teenwoordig.

Navo se sekretaris-generaal, Jens Stoltenberg, en die hoof van die Internasionale Monitêre Fonds (IMF), Christine Lagarde, het ook opgedaag.

Selfs die “byna vergete” Henry Kissinger het opgedaag.

Foto – Henry Kissinger