BFLF rand joernaliste aan

Die radikale Guptagesinde splintergroep, Black First Land First, het verskeie joernaliste aangerand omdat hulle nie gehou het van wat die joernaliste oor hulle geskryf het nie.

Peter Bruce, groepsredakteur van Tiso Blackstar Media, en Tim Cohen, redakteur van Business Day, is deur BFLF lede aangerand.  Die optrede is intussen sterk veroordeel deur die SA Nasionale Redakteursforum.

BFLF word met die omstrede Guptas verbind. Hulle was ontevrede met ‘n rubriek in Business Day.

Bruce is by sy huis voorgekeer en aangerand, en die radikale groep het geëis dat hy moet begin skryf oor wat die wit monopoliekapitaal verkeerd gedoen het, in plaas daarvan om die swart ras te wil assosieer met korrupsie. Hulle het ook vir hom gesê hy moet na Europa gaan, want hulle wil sy huis hê wat op gesteelde grond staan.

Cohen is aangerand toe hy na Bruce se huis gegaan het toe hy hoor dat BFLF daar was.

Die voorsitter van die redakteursforum het, Chris Kabwato, het die joernaliste aangemoedig om strafregtelike klagtes teen die aanranders te lê. “Joernalisme is geen misdaad nie. Staatskaping is wel,” het hy gesê.

Ontleders is al geruime tyd bekommerd oor die oordrewe publisiteit wat gegee word aan BFLF, beide in gedrukte as uitsaai media. Dit is ‘n radikale splingtergroep wat ‘n geweldsklimaat kweek, en behoort geen blootstelling te kry nie, is hulle gevoel.