Bekende omroeper vermoor in Johannesburg

Johann Botha, bekende aanbieder op radio en TV, is vermoor tydens ‘n gewapende roof by ‘n restaurant in Johannesburg. Die eienaar van die restaurant is ook dood in die voorval toe drie gewapende mans en ‘n gewapende vrou die restaurant binne gekom het en geld geëis het by die eienaar.

Skynbaar het Botha die eienaar te hulp gesnel waarop beide geskiet is.

Die vier moordenaars het daarop met ‘n onbekende bedrag geld gevlug.