Baas van Denel lek inligting uit

Dit blyk dat die voorsitter van die wapenvervaardiger Denel, Daniel Lugisani Mantsha, sensitiewe en geklassifiseerde inligting aan die Gupta broers voorsien het.

Volgens die e-pos sage het Mantsha kort na sy aanstelling by Denel in 2014 reeds met die broers kontak gemaak.  Die e-posse handel oor ‘n gesamentlike projek tussen Denel en die broers nl. Denel Asia.

Geen kommentaar kon verkry word van  Mantsha nie.

Foto: Daniel Lugisani Mantsha