Apartheid keer aardverwarming

U artikel oor Antarktika wat besig is om te smelt, het skielik die lig by my laat opgaan: aardverwarming is as gevolg van apartheid!

Darem eienaardig hoe hierdie eenvoudige feit al die groot wetenskaplikes van die wêreld nog altyd ontglip het!!

Die verklaring is eenvoudig: toe daar apartheid was, was daar nie aardverwarming nie. Maar net toe apartheid ophou, toe begin aardverwarming. Dus: die twee is direk verwant aan mekaar: die een het die ander in toom gehou. En daarom: toe die een verdwyn, toe hol die ander een weg.

Die antwoord om al die verskriklike gevolge van aardverwarming te voorkom, en te keer dat ons een van die dae nie meer vir Antarktika gaan hê nie, is vanselfsprekend, en word in ons gesigte uitgeskreeu: BRING APARTHEID WEER TERUG, EN AARDVERWARMING HOU OP!!!

So, verskriklik eenvoudig ….

Prof Dr (Magnum Summa Cum Laude) A P Artheid

Bobbejaanstat (Tshwênê)